Friday, December 8, 2017

JAARAFSLUITING 2017 VERVOLG...

Hier is nog fotos van ons afsluiting.

JAARAFSLUITING 2017

Ons Rafels het Saterdag ons afsluiting by een van Grey se sportsale gehou. Wat 'n fees van vriendskap, empatie vir mekaar, lekker lag en kwiltwerk, die kern, wat ons saamsnoer, was dit nie. Die Rafels bestaan al baie jare en het ten spyte van hoë en laagte punte weereens met grasie en omgee vir mekaar 'n heerlike propvol jaar met kwiltprojekte agter die rug. Juanita en Riana was die gasvrouens vir 'n heerlike potjiemiddag. Die tafel was gedek met elkeen se klein ysterpotjie voor haar, wat sy self die bestanddele van die tafel af kon kies en self gaarmaak. Wonderlike saamkuier en eet. Riana het Vader Kersfees gespeel en het ons presente uitgedeel en nog boonop 'n 'goody bag' vol verrassings en elkeen 'n pragtige handgemaakte matjie vir ons masjiene van die gasvrouens af gekry! Volgende jaar se eerste projek is deur die pragtige posseëlkwilt van Juanita geïnspireer en sien ons almal uit na volgende jaar se saamlap en saamkuier. Hier is n paar fotos om te wys hoeveel pret ons gehad het.

Thursday, December 7, 2017

ALTA STREET - BROKEN HEARTS.

Alta has finished her broken hearts quilt. We spent a day together making these hearts. We exchanged the pieces we cut out amongst us to give a variety of colour and different material. She has given this quilt to her daughter Lauren. CONGRATS Alta it is beautiful.