Monday, June 5, 2017

TANNIE RINA-LITTLE HOUSES

Ons sewe Rafels het Saterdag 'n 'blast' gehad en heerlik by die Grey-pawiljoen se saaltjie gelap en gekuier dat die lappe en stories gewaai het! Riana het vir diƩ wat wou, geleer om piepklein tannie Rina-huisies te maak met 'n tannie Rina-randjie kompleet! Dit het 'n hele dag geneem om die nege huisies met 'paper piecing' te maak. En dit pas op die grootte van 'n graffiti-blokkie in! Ruby het haar gebroke hartekwilt 'ge-sandwich en van die ander het met UFO's gespook. Alta du Plessis se kwiltjie van Skotse geruit materiaal vars uit Skotland. Sy is besig met een vir haar man en een vir haar seun na 'n besoek aan Skotland se St Andrews gholfbaan..... Almal is na 'n hele dag se saamlap en -kuier met vars gelaaide batterye huis toe.

No comments:

Post a Comment