Monday, January 11, 2021

BEATRICE CARSHAGEN

Beatrice is die versinnebeelding van 'n vrou met integriteit en empatie vir elkeen op hierdie ondermaanse. Of iets is swart of iets is wit, geen grys tussenin nie. Maar.... as dit kom by kwilt het sy jou mooi laat verstaan dat daar geen lelike kwilt is nie, dat die Here elkeen uniek geskape het en daarom is elke kwilt ook uniek en hoef nie noodwendig perfek te wees nie. Destyds toe ek in 2003 begin kwilt het, het sy my met ope arms by die Rafelgroep verwelkom. Ek het haar die Koninginby genoem, want sy was die vriendelike, statige en behulpsame mens, wat almal laat tuis voel het, groentjie of nie. Rustig en sonder vertoon het sy ons Rafels gelei tot sy die leisels oorgegee het aan iemand anders. Die laaste paar jaar het sy gesondheidsprobleme gehad, maar dit met grasie hanteer. Tot op die einde was sy 'n uitmuntende kwilter, wat almal met goeie raad en idees kon help. Rus sag liewe Beatrice. Jy sal voortleef in elke Rafel se hart (en jou stem wat by ons ingedril het, ryg jou lappies voordat jy stik of handwerk doen)

No comments:

Post a Comment